Boodskap vir Vandag

Search

Soos ’n skoenlapper

Julle moet asseblief met mekaar gesels oor al die dinge wat ek nou vir julle gesê het. Praat mekaar moed in. Ek weet julle doen dit. Maar hou asseblief daarmee aan! – 1 Tessalonisense 5:11 (Die Boodskap).

Die televisiereeks Navillera, wat “soos ’n skoenlapper” beteken, vertel die verhaal van ’n talentvolle, jong balletdanser wat deur sy persoonlike probleme gekortwiek word, onder andere sy pa, ’n sokkerafrigter, wat hom as seun verwerp omdat hy ballet bo sokker gekies het.

Wanneer ’n 70-jarige man by die balletskool verbystap, herleef sy lewenslange balletdroom. Hy nader die hoof van die akademie en laasgenoemde sien dit as ’n gulde geleentheid om die jong balletdanser ’n nuwe doel in die lewe te gee. Hy stel die jongeling as die bejaarde se balletafrigter aan. In ruil word die bejaarde die balletdanser se bestuurder wat moet toesien dat hy betyds vir sy oefensessies opdaag en ’n gesonde lewenstyl handhaaf.

Só ontvou ’n lieflike verhaal van wedersydse sorg. Die jong man ontwikkel ’n deernis en gevoel van beskerming teenoor die bejaarde, veral wanneer dit later blyk dat hy aan Alzheimersiekte ly. Die 70-jarige deel sy lewenswysheid met die jongeling.

Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mense in die gemeenskap wat vir hulp en wysheid na ons opsien, maar veral teenoor dié wat God aan ons toevertrou het.

Ons kinders is nie slegs van kos en klere en onderdak van ons afhanklik nie. Hulle is verbondskinders. Christus se liefde is ons grootste nalatenskap aan hulle. Hulle moet sy beeld in ons kan sien. Dan kan ons hulle met ’n geruste hart aan God se sorg toevertrou.

Here, help my dat ek nie die skoenlappers onder my sorg se vlerke knip nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed