Boodskap vir Vandag

Search

Spanmaat

Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief – Efesiërs 5:28.

Soms volg ’n suksesvolle man wat daaraan gewoond is om in sy werkomgewing opdragte te gee en ferm op te tree indien ’n werknemer nie daardie opdragte uitvoer nie, dieselfde patroon tuis – dikwels sonder dat hy daarvan bewus is.

Hy sien slegs die koue oond raak en stel nie daarin belang om na die vrou se kant van die saak te luister nie. Die vrou voel wanneer sý normaalweg haar huishouding goed bestuur, behoort haar man te weet dat daar ’n goeie rede vir die onklaar aandete is. Sy voel soos ’n werknemer wat geroskam word en nie soos ’n vertroude, gerespekteerde spanmaat nie.

Om gelief te voel is ’n vrou se grootste behoefte. Sy beleef dit nie slegs deur woorde van liefde nie, maar deur ’n optrede wat van liefde, begrip en diep respek getuig. In ’n probleemsituasie wil sy eerder hê haar man moet bereid wees om na haar kant van die saak te luister sonder om haar te oordeel of gevolgtrekkings te maak. Deur te luister wen hy sy vrou se goedgesindheid en agting.

’n Toegewyde man en pa wil graag sy vrou en gesin versorg en daarby voel dat hy waardeer word vir wat hy doen. Dit is dikwels die dryfveer agter sy reaksies en woorde. Hy moet egter onthou sy vrou is sy spanmaat en nie sy werknemer nie.

Liefde vra vertroue, al is die oond soms koud.

Here, gee huweliksmaats die wysheid om in liefde en volkome vertroue teenoor mekaar op te tree. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed