Boodskap vir Vandag

Search

Spore van God

“Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?” (Markus 4:41).

Oor hóé ons in die wedloop van die lewe kan hoop dat God sy werk sigbaar sal maak, het die sielkundige James Hollis verhelderend geskryf.

Weliswaar begin dié hoop, volgens Hollis, altyd by respek vir die geheimenis van God – die wete dat ʼn God wat ons kan peil of beskryf nie werklik God is nie.

En tog, wie dit aanvaar en die lewe met al sy teenstrydighede elke dag moedig met oop oë en gevoelige ore betree, kan wel hoop om iets van God se spore in die heelal raak te sien.

Luister net hoe beskryf Hollis hierdie hoop:

“I have found intimations of the divine in the heart, in what Blake called the sacred imagination, in moments of grace … Moreover, one moment of music from Beethoven, one painting by Hundertwasser or Klee, one lyric of Rilke, has given me more access to the divine than all the hortatory sermons I’ve ever heard.

“I am filled with hope that around the next corner, the new and unexpected will cause me to reinvent myself, revise my way of seeing, and take me back to the point of beginning, which is awe, which is wonder, which is curiosity, which is terror, and which is perduring summons to stay in the fight.”

Verbeel ek my, of was dit dié soort ervaring wat die dissipels beleef het die nag toe Jesus die storm stil gemaak en hulle verwonderd uitgeroep het: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”

Want daar, in Hóm, het hulle skielik die groot spoor van God se werk gesien.

O Here, hou ons oë en veral ons harte oop om vandag spore van u genade in ons lewe raak te sien. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed