Boodskap vir Vandag

Search

Stilte

“Wees stil en weet Ek is God!”

– Psalm 46:11

 

Die lewe is besiger as ooit. Die trapmeul waarop ons elke dag as verantwoordelike landsburgers klim, beweeg al vinniger. Dit vra al meer van ons om by te hou – om al die spreekwoordelike balle in die lug te hou. Ons moet afsprake nakom, sperdatums haal, rekeninge betaal en met familie en vriende connect. Ons moet oorleef.

 

Daar is elke dag al meer roepstemme wat om jou aandag meeding – stemme in jou brein, hart en gedagtes wat jy nie afgeskakel kry nie. Dan is daar ook nog tegnologie – Facebook, e-posse, WhatsApp-boodskappe wat soos bondels wasgoed net nooit einde kry nie.

 

Mense staan in rye by apteke op soek na tonikums of bruistablette om hulle energie te boost. Mense gaan al meer dokter toe met siektes wat met uitbranding verband hou. Meer mense besoek sielkundiges, terapeute of spa’s in die hoop dat hulle hulle lewenslus sal kan herwin.

 

Ek het egter ’n gratis bruistablet ontdek wat my energie aanvul vir al die uitdagings op my lewensbord: stilte. As deel van my lewensberoep reis ek die land vol en tree gereeld as spreker op. Dit tap my energie. Ek het gevind as ek nie genoeg tyd in stilte deurbring nie, ek geïrriteerd en sonder sprankel raak.

 

In stilte by die Here herlaai ek my mensbattery en kry ek ware en diep rus vir my liggaam, gees, denke en emosies. Dit is ook in hierdie stilte dat die Here my snoei en onderrig, waar ek leiding en insig kry, waar ek antwoorde op my probleme ontdek, waar ek vernuwe word

en waar ek my gawes en talente kan ontgin.

 

Bruisgebed vir energie: Dankie, Here, dat ek in u stilte kan herlaai en my energietenk kan vol maak.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed