Boodskap vir Vandag

Search

Stilte herstel vertroue

Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ʼn toevlug (Psalm 62:9).

Die woord wat egte geloof waarskynlik die beste beskryf, is die woord vertroue – vertroue dat God bestaan en dat God vir ons ʼn toevlug in nood is.

Dit is dan ook presies hierdie vertroue wat begin kwyn wanneer ons aanvegting beleef en begin twyfel. Soos skynbaar in ʼn stadium met die digter van Psalm 62 gebeur het.

In Psalm 62:4-5 kla hy dat hy voel soos ʼn wankelende muur wat enige tyd kan omval. En dit omdat hy hom te veel aan die raad en leuens van ander mense gesteur het, selfs aan dié van vertroude vriende.

Dit was eers toe hy hom opnuut in stilte tot God gekeer en sy frustrasies en twyfel voor God begin uitstort het dat sy vertroue in God herstel is. En hy groter rus, vrede en perspektief kon vind.

Treffend bely hy: “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek … Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug” (Psalm 62:6).

Wat weer vir ons wys dat ons die waarde van stilword en om in tye van nood en twyfel met God te praat nooit moet onderskat nie. Nie net gee dit aan God ʼn kans om nuut met ons te handel nie; dit herstel ook ons vertroue in God se voortdurende liefde en sorg.

Here, leer my vandag opnuut die waarde van stilte en gebed sodat ek kan leer om vaster op U te vertrou. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed