Boodskap vir Vandag

Search

Suiwer genot

Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry – Spreuke 27:9.

In bostaande teksvers word dinge wat vir die liggaam aangenaam is, gebruik om te verduidelik hoe ’n goeie vriend se raad jou hart kan verwarm en diep vreugde verskaf.

Reukolie is in Bybelse tye by feesgeleenthede gebruik en wierook in die tempeldiens. Net soos die geurige olie en reukwerk tot die feestelike atmosfeer bygedra het, net so bring ’n goeie vriend se raad vreugde.

Vriende wat mekaar volledig aanvaar, vertrou mekaar met die kleinste onbenullighede, asook met hul diepste emosies. Soms lê ’n vriend se raad nie in woorde nie, maar in die stilte van saamwees. In die luister en aanvaarding. In die besef dat jul harte veilig is.

Ware vriendskap word nie sommer deur vinnige Facebook-inskrywings of vroegoggend se bondel-WhatsApp gevoed nie. Vir ’n vriendskap om te groei is tyd en uitreik na mekaar nodig.

Enersyds is ware vriendskap lig en onbevange, sonder voorbehoud of verwagtinge. Andersyds vra dit toewyding en lojaliteit, want dit is broos en breekbaar.

In Charlie Mackesy se bekoorlike boek The boy, the mole, the fox and the horse vra die seuntjie:

“What do we do when our hearts hurt?” Dan kom die antwoord:

“We wrap them with friendship, shared tears and time, till they wake hopeful and happy again.”

Ek moet ’n vriend se raad koester. Dit is geurig en verryk my lewe.

Here, dankie vir kosbare vriende wat die geur van Christus versprei. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed