Boodskap vir Vandag

Search

Suiwer goud

“As jy die kwaad ver van jou woonplek af hou, jou goud as nikswerd beskou, die goud uit Ofir as so min werd as ’n klip in die spruit, sal die Almagtige jou goud wees, jou skat aan silwer” – Job 22:23b-25.

God is egte klatervrye goud. Daarom herinner Hy ons keer op keer hóé kosbaar dit is. Vanaf Genesis 2, waar verwys word na suiwer goud in die Gawilastreek by die Pisonrivier, tot in die eindtonele van Openbaring hou God goud as simbool van suiwerheid en majesteit, volmaaktheid en koningskap aan ons voor.

God is heilig. Hy besit al die eienskappe van die edelste goud. Daarom loop die glansrykheid van sy wese letterlik soos ’n goue draad deur die Bybel. En daarom kan Job uitroep: “Die Almagtige [sal] jou goud wees, jou skat aan silwer.”

Ons, sondige mensekinders, spieël onsself hier op aarde in die goue glans van God se volmaaktheid. Die beeld wat ons van onsself sien, is deur die sonde skeefgetrek. Dit is dof en glansloos. Ons klere is geskeur. Ons lyk gehawend. Maar God, ons Koning, wil ons heilig en nuut voor Hom laat staan. Daarom louter Hy ons.

Uiteindelik kom ons voor die heerlikheid en glans van die Nuwe Jerusalem te staan, soos Openbaring 21:18 dit beskryf: “Die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos ’n skoon spieël lyk.” Soveel skoonheid, sonder vlek of rimpel. Die prag daarvan weerkaats sodat ons onsself – die geheiligde bruid van Christus in reinwit klere – daarin kan sien.

Here, dankie dat U ons in u wysheid louter sodat ons heilig voor U kan staan. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed