Boodskap vir Vandag

Search

Swaarkry kan ons geloof verdiep

As julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard (Jakobus 1:3).

Een van die opvallende kenmerke van Israel se tyd in die woestyn, was hulle gedurige gekla.

Elke nou en dan het dit soos ‘n siekte uitgebreek – die ongedurigheid, die gesug, die geneul. As dit nie was oor die leierskap van Moses en Aäron nie (Num 14:1), nie, was dit oor kos en water (Num 11:4, Num 20:2-3, Num 21:4-5).

Dit is geen wonder nie dat Moses, en met name God, hartlik moeg daarvoor geraak het. Want die gekla was nie net ‘n mosie van wantroue in God se goedheid en genade waarmee God Israel uit die slawerny bevry het nie. Dit was ook ‘n teken van groot ondankbaarheid.

Terselfdertyd het die volk daarmee laat blyk hoe min hulle nog verstaan het dat swaarkry en ontbering hulle geloof kan verdiep. Hulle selfs op ‘n ironiese, maar wonderlike manier, vir ‘n nuwe toekoms kan voorberei.

Want swaarkry, so lees ons by Jakobus (Jak 1:2-8) en Petrus (1 Pet 1:3-9) kan dit doen. Dit toets die egtheid van ons geloof. Dit leer ons die geheim van geduld en volharding in moeilike omstandighede. En só word ons geestelik ryper, meer volwasse en weerbaar.

Die lydensweg van Christus wil ons natuurlik dieper dié geheim binnelei.

Here, daar is baie dinge wat ons vandag weer laat sug en kla. U ken dit. Leer ons om U daarin te ontdek en só in ons geloof te groei. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed