Boodskap vir Vandag

Search

Swaarkry maak ons taai

Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop (Romeine 5:3-4).

In Romeine 5 is daar sprake van ‘n derde aangrypende vrug of gevolg van God se vryspraak in Christus.

Dit is dat ons as gelowiges ons mag verheug in die swaarkry (Rom 5:3) – dit wil sê, in al daardie dinge wat lyding en wroeging, wanhoop en moedeloosheid, ja, selfs woede en opstand veroorsaak en waarmee ons sukkel om dit te verstaan.

Paulus is oortuig daarvan dat hoé ontwrigtend ons swaarkry ook al is, dit wel ‘n positiewe rol in ons lewe kan speel. Anders gestel: Swaarkry dra vir dié wat gelowig daarmee omgaan, die saad van nuwe groei en lewe in sigself.

En hy spel dit heel konkreet uit.

Swaarkry, so voer hy aan – asof ons dit reeds moet weet – kweek volharding (Rom 5:3), dit wil sê geduld en uithouvermoë – ‘n soort taaiheid wat maak dat ons die swaarkry mettertyd beter kan verduur, beter daarmee saamleef, beter kan bevriend en integreer in ons lewe.

Byna soos ‘n atleet wat ‘n bepaalde roete oor tyd goed leer ken het en nou weet hoe om die moeilike dele daarvan te hanteer.

Hierdie volharding, so skryf Paulus, kweek op sy beurt weer egtheid van geloof (Rom 5:4), of soos die Engelse vertaling dit stel: “karakter”. Dit verleen ‘n kwaliteit van waardigheid en onaantasbare vertroue aan ons lewe. Sodat mense wat met ons in aanraking kom, aanvoel dat, alhoewel ons deur vuur gaan, ons nie daaronder beswyk nie, maar juis daardeur getemper en gestaal word.

Só gestaal dat ons voorbereid en wakker is om alles wat God verder op ons pad kan bring met nuwe vertroue en dankbaarheid, selfs entoesiasme te ontvang. In Paulus se woorde: Ons lewe word beheers deur ‘n hoop wat nooit beskaam nie, want diep binne wéét ons: Ons is nooit volkome alleen nie – God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees (Rom 5:5).

En die Gees sal ons bly dra en troos, selfs wanneer die pad steil en die uitsig oneindig donker voel.

Miskien kan ons op dié punt dink dat Paulus te maklik praat. Maar dan moet ons onthou: Hy praat uit dure ondervinding.

Here, ons swaarkry is moeilik om te dra. Gee ons vandag tog meer geloof. Leer ons daardie geduld wat karakter bou en nuwe hoop kan skep. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.