Boodskap vir Vandag

Search

Te hoog vir my begrip

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my … U is met al my paaie goed bekend … Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip (Psalm 139:1, 3, 6).

Dit bly een van die onbegryplikste maar troosvolste waarhede van die Bybel.

Dat God ons elkeen intiem ken en met ons elkeen ʼn unieke pad stap.

Met verwondering getuig Jeremia hiervan – dat God hom reeds voor sy geboorte gevorm en geken het (Jer 1:5). Dieselfde wete oorweldig die psalmdigter in so ʼn mate dat hy net kan uitroep: “Dit is te hoog vir my begrip” (Ps 139:6).

Nêrens word hierdie persoonlike bemoeienis van God met mense duideliker as kort ná Jesus se opstanding nie. Ons sien hoe die opgestane Heer sy vertroude volgelinge een vir een opsoek om aan elkeen persoonlik iets van God se genade en vrede te skenk.

En Jesus kon dit doen omdat Hy met hulle elkeen ʼn unieke pad gestap en elkeen se behoeftes deur en deur geken het.

Net soos Hy vandag jóú spesifieke behoeftes ken en daarin wil voorsien.

Daarop mag jy, nee, móét jy vandag weer vertrou.

Here, dat U ons elkeen ken en lei, is inderdaad te hoog vir ons begrip. Saam met die psalmdigter buig ons vandag alleen in dankbare verwondering daaroor. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed