Boodskap vir Vandag

Search

Ter wille van menslikheid

Dra mekaar se laste, en gee so uitvoering aan die wet van Christus (Galasiërs 6:2).

Hoe verfrissend is dit nie om mense te ontmoet wat nie die slawe van reëls en regulasies is nie, maar hulle veral ook deur menslike oorwegings laat lei, deur gesigte, vriendskappe en vertroue.

Destyds, tydens ‘n studietydperk in Duitsland, moes ek langer bly, maar het hiervoor meer geld benodig. Die Duitsers kon help, maar daar was ‘n probleem. Vanweë die NG Kerk, waarvan ek ‘n leraar was, se destydse ondersteuning van apartheid was daar ‘n staande besluit dat hulle geen NG-lidmaat of -leraar geldelik sou ondersteun nie.

In my besit was egter ‘n getuigskrif van iemand wat groot agting by die Duitsers geniet het. Boonop het ek enkele jare vroeër een van die besluitnemers goed leer ken.

Dit was dan ook hý wat my die dag vóór Kersfees in 1990 met dié blye nuus gebel het: “Ons gaan ‘n uitsondering maak. Ons gaan jou help. Want ons ken jou. Ons vertrou jou.”

Hierdie grootmoedige gebaar wat ter wille van menslikheid die letter van die wet vir ‘n oomblik eenkant toe geskuif het, het my destyds diep geraak en tot groot dankbaarheid en nadenke gestem.

Want is dit nie dié soort oorwegings wat Jesus se optrede deurgaans bepaal het nie? Is dit nie die wet van Christus waarna Paulus in Galasiërs verwys nie?

En is dit nie ook wat van ons gevra word nie: Om buigsaam te wees, oop vir die nood en situasie van elke mens? En nie soos die Fariseërs van destyds, slawe van onbuigsame en koue reëls nie?

O Here, leer ons vandag weer om volgens u wet, wat die wet van die liefde is, te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed