Boodskap vir Vandag

Search

Ter wille van ‘n gesonde gees

Teen dagbreek het Hy uitgegaan en na ‘n eensame plek toe vertrek (Lukas 4:42).

Bettie woon in ‘n tehuis vir bejaardes.

Sy hoort daar. Haar 85 jaar sê dit. En tog voel sy nie aldag ewe tuis daar nie. Die geklaery en herhalende stories van sommige van haar tydgenote vang haar soms.

Sy verstaan waarom dit nodig is om jouself by tye te onttrek.

Nie dat sy haarself om dié rede beter of sterker as die ander ag nie. Sy weet van siekte en broosheid. Het self al eenmaal by die dood gaan draai. Dít is nie wat pla nie.

Wat hinder, is mense en dinge wat haar onnodig belas. Haar gees onnodig uitput, omkrap en versteur. Want haar gees, wil sy gesond hou. En daarvoor is die eenkant-wees soms noodsaaklik. Sy verduidelik: “Daarsonder sal ek beswaarlik my diepste passie kan uitleef. En dit is om werklik dáár te wees vir God se swaarkry-kinders.”

Bettie leer my opnuut iets oor die noodsaaklike balans tussen alleenheid en betrokkenheid. Dit is om jouself van tyd tot tyd te ontrek, ten einde beter dáár te wees vir ander.

Hierdie balans was deel van Jesus se lewensritme en vorm altyd deel van ‘n gesonde gees.

Here, leer ons vandag weer daardie balans tussen stilte en solidariteit, tussen alleenwees en daarwees vir ander. Alleen só kan ons gees gesond bly. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed