Boodskap vir Vandag

Search

The small matter of a horse

Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob, oor die oortredings van die volk Israel (Miga 1:5).

Wie enigsins die oorspronge van die huidige geweld en misdaad in ons samelewing wil verstaan, kan gerus Charles van Onselen se boekie “The Small Matter of a Horse” lees.

Oorspronklik aangebied as ‘n voorlesing by van Onselen se aanstelling as professor in geskiedenis by Wits Universiteit, vertel die boek die verhaal van ‘n jong swart man, Mzuzephi Mathebula.

Mzuzephi word relatief onskuldig groot aan die voetheuwels van die Drakensberge waar hy lang jare lank sy pa se beeste oppas. Teen die tyd wat hy negentien is, word hy deur ‘n sekere Tom J van Harrismith in diens geneem. Sy opdrag was om die perde op die plaas te versorg.

Wanneer een van die perde op ‘n dag wegraak, word hy valslik van nalatigheid, selfs diefstal, beskuldig en met tronkstraf gedreig. Ook word sy geld as ‘n vorm van afbetaling teruggehou.

Hierdie insident rondom die perd noop Mzuzephi toe om te vlug en sy heenkome in Johannesburg te gaan vind. Aangevuur deur sy opstand teen hierdie eerste vorm van onreg, word sy lewe een van verset en misdadigheid. Hy word nie alleen die leier van ‘n berugte bende nie, maar ‘n voorloper van dié soort geweld en misdaad wat vandag steeds ons samelewing teister.

Tereg skryf Jonny Steinberg in sy voorwoord tot hierdie merkwaardige storie:

“The Small Matter of a Horse”, written nearly a quarter of a century ago, locates the roots of our current violence in the mainstay of our past. In its lean, unvarnished tale of one man, it tells us something of who we are, and from where we have come.”

Die boek vlek ons geskiedenis oop. Dit wys tereg hoe ‘n enkele daad van onreg deel is van ‘n hele stelsel en mentaliteit, en algaande ‘n geskiedenis vol tragiese geweld en misdaad tot gevolg kan hê.

Here, help ons vandag om opnuut te sien waar die geweld en misdaad in ons samelewing vandaan kom. En hoe ons ook, sonder dat ons dit besef, daaraan aandadig kan wees. Wees ons tog hieroor genadig! Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed