Boodskap vir Vandag

Search

Tjoklits – Gebed

Liewe Vader,

Dankie dat U krag gee aan dié wie moeg is
en moed skenk aan die moedeloses.

Lei my om ‘n “tjoklit vir die siel”-vriend te wees,
wat opregte vriendskap en liefde bied.

Vul my lewe met U onvoorwaardelike liefde
en versterk my innerlike mens elke dag.

Mag ek ander dien soos ek U dien.

Amen.

Here bskerm my kinders gee uitweg in ons situasie hoop waar ons dit nodig kalm en liefde.
Lynette
Swarts

Deel dit

Wil nie veel uitbrei maar hy gaan tans deur n moeilike tyd
Marosel
Zietsman

Deel dit

Ek sukkel om oor die verlies, leemte en verskriklike verlange te kom na die afsterwe van my dogter Melandi. Sy het gestremdhede gehad en was my lewe.
Sandra
Venter

Deel dit

Dat my seun God se wil sal na streef, tans is hy in 'n verhouding met 'n meisie wat nie Jesus ken nie. Ek het hom groot gemaak in 'n huis waar ons die Here dien. Sy het hom onder haar losbandige greep en hulle bly saam. Die verwagting is groot dat hy vir hulle moet voorsien. Sy werk ook maar, sy wil he hy moet meer bied. Hy is in opleiding vir 'n meganiese tegnikus petrol en diesel. Die druk is baie van haar kant af dat hy vir hom ander werk moet soek en dat hy nie voort gaan met sy huidige studies nie. Hy mag ons ook net op haar terms sien, soms net eenkeer 'n maand. Sy het hom verander en sy oë lag nie meer soos voorheen nie.
Carine
Kruger

Deel dit

Bid asb vir my familie soos bogenoemde dat die Here hulle sal verlos van alle kettings waarmee Satan hulle bind. Bid asb dat God die drank sal bitter maak in hulle monde en dat hulle God n kans sal gee in hulle lewe. My versoek is dat God die begeertes van my hart sal vervul en my sal seen in n mate dat ek ander ook kan seen. Bid vir ons land en ons kinders se veiligheid.
Tracey-Ann
Adams

Deel dit

Versoek aan ons Skepper HEER dat die afgelope maande, en tans laaste 7 dae , se veldbrande tot 'n einde sal kom. Ons Brandweer Manne en Amptenare van Owerhede is uitgeput. Miljoene rande se skade is aan infrastruktuur aangerig.
Sammy
Brett

Deel dit

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed