Liewe God,
Laat my vandag
u genade en liefde ervaar
As ek struikel
of val,
Dra my op u sterke arms
En gee my die krag
Om weer op te
staan en voort te gaan.
Liewe God,
U is my rots en my anker
In
die storms van die lewe.
Mag u woord my lei
En my hart vrede
bring.
Mag ek elke dag u liefde beter verstaan.
Liewe God,
Ek is
dankbaar vir u genade
En dat U my nooit verlaat nie.
Help my om u
liefde te versprei
En u wil te vervul.
Amen.