Boodskap vir Vandag

Search

Troos

Hy versorg sy kudde soos ʼn herder. Die lammers maak Hy bymekaar in sy arms, en dra hulle naby sy hart. Skaapooie met lammers versorg Hy (Jesaja 40:11).

Advent is ʼn tyd van hoop en troos. Jesaja 40:1-11 herinner ons daaraan met ʼn jubellied vol metafore. Die 1983-vertaling begin met: “Die uitkoms is hier, die uitkoms is hier!” Die NRSV vertaal dit beter: “Comfort, o comfort my people, says your God. Speak tenderly to Jerusalem.” “Troos, troos my volk,” sê die 1933-vertaling. God wil deur sy profeet ʼn nuwe tyd aankondig.

Jesaja 40 is dan ook die begin van die sogenaamde Tweede Jesaja, dié gedeelte van die boek wat in die ballingskapstyd afspeel en aan die volk ʼn nuwe toekoms en redding belowe. In vers 3 word die volk opgeroep om in die woestyn vir die Here ʼn grootpad reg te maak. Die magtige God kom sy volk haal.

Dan word die magtige God met nog ʼn metafoor ingekleur. Dié keer met die metafoor van herder. Die Magtige is die herder. Hy versorg sy kudde. Hy maak sy lammers in sy arms bymekaar en dra hulle teen sy bors (v 11).

Advent gaan oor die teenstelling van God se mag. Die magtige Koning is die herder, die pottebakker – die Koning is in die krip. Sy mag is ʼn mag ter wille van, ʼn mag wat neergelê word ter wille van. Soveel anders as die mag waarmee ons elke dag te doen kry, mag wat afbreek, seermaak en misbruik. Tog is niks sterker as hierdie dienende mag nie.

Troos my volk!

Herder, Koning in ʼn krip, dankie dat U ons vorm en versorg, dat U ons dra en troos. Dankie dat u koms ons deel van u kudde gemaak het. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed