Boodskap vir Vandag

Search

Tussen bitter en soet

Elke ding het sy vaste tyd … ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans (Prediker 3:1,4).

Wat op die sportveld gebeur, is dikwels ‘n spieëlbeeld van die ironieë en paradokse van die lewe waarmee ons moet leer saamleef.

Wat vir die een die soete smaak van oorwinning is, beteken dikwels vir die ander die bitter pil van verlies en teleurstelling. Laasgenoemde is veral sleg wanneer die uitslag lank in die weegskaal was en net sowel anders kon verloop het.

Hoe duidelik kon dié wat in sport belang stel nie hierdie ironiese paradokse die afgelope tyd sien nie!

Hoe die Wes-Indiese krieketspan se uitbundige oorwinning gelyktydig ‘n massiewe teleurstelling vir hulle opponente was. Of hoe die oorweldigende gunsteling en voorloper van die bekende Amerikaanse Meestersgholftoernooi in ‘n oomblik as gevolg van ‘n slegte hou sy eie droom laat skipbreuk ly het.

Maar dít is die lewe. Miskien is die Russiese skrywer, Alexander Solzchenitsyn, se raad in dié verband ter sake. Dit lui:

Don’t be afraid of misfortune, and do not yearn after happiness. It is after all the same: the bitter does not last forever and the sweet never fills the cup to overflowing. It is enough if you don’t freeze in the cold and if thirst and hunger don’t claw at your insides. If your back is not broken, if your feet can walk, if both arms can bend, if both eyes can see, and if both ears can hear.”

Kortliks kom sy raad daarop neer dat ons te midde van die bitter én die soet, die blote gawe van te mag lewe sal bly koester en waardeer. Want dít, aldus Solzchenitsyn, is genoeg.

O Here, vergewe dat ons teleurstellings ons blydskap in U soms ondergrawe. En help ons om die blote gawe van lewe elke dag met dankbaarheid uit u hand te ontvang. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed