Boodskap vir Vandag

Search

Tyd en ewigheid

Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind – Prediker 3:11 (1933/1953-vertaling).

God het alles gemaak om by sy volmaakte tydskedule in te pas. In sy tydsbeplanning is niks ooit ontydig nie. Hy is nooit te vroeg of te laat nie. Dikwels, wanneer ons op ons lewe terugkyk, besef ons dat alles op presies die regte tyd gebeur het.

Van al God se skepsels het slegs die mens ’n besef van die onbepaalde tyd, naamlik die ewigheid. In die 1933/1953-vertaling hierbo word dit mooi gestel: “ook het Hy die eeu in hulle hart gelê …” Diep in ons binneste weet ons dat ons vir die ewigheid geskep is, al begryp ons dit nie volkome nie.

Ongelukkig eis die meetbare dinge grootliks ons aandag en tyd. Ons moet nóú rekenskap van ons werk gee. Ons moet nóú die vergadering bywoon. Ons moet vandag die verslag ingee. Die sportbyeenkoms is hierdie Saterdag. My vliegtuig vertrek sesuur.

Natuurlik is God ook in al hierdie dinge teenwoordig en dit is vir Hom belangrik. Jesus was self ook met die alledaagse besig. Hy beveel ons egter om ook die ewige skat te soek terwyl ons nog tyd het.

In Matteus 6:19 leer Christus sy volgelinge: “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.”

Ons is deel van horlosietyd én ewigheid. Ons is verganklike mense, maar terselfdertyd ewigheidswesens. Ons maak skatte in die hemel bymekaar.

Here, dankie dat ek wéét ek is deel van die ewigheid saam met U. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed