Boodskap vir Vandag

Search

Uit die vuur gepluk

Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak (Efesiërs 2:5).

Dat ons uit genade gered is en voortaan daardeur en daaruit mag leef, is volgens die groot Karl Barth die opwindendste nuus wat ʼn mens kán hoor.

Hierdie genade wat redding bring, só preek hy in een stadium vir die gevangenes, beteken nie maar net ʼn hand om ʼn skouer, ʼn bietjie troos of ʼn bietjie aanmoediging of verligting in ʼn tyd van nood nie.

Nee, hierdie reddende genade is veel meer dramaties en drasties. Dit beteken ons totale lewe is in een genadige oomblik soos ʼn stuk hout uit ʼn brandende vuur gepluk. En dit nie net vir een oomblik nie, maar van nou af tot in alle ewigheid.

Om die bevrydende betekenis en impak van God se genade te snap, verduidelik Barth verder, is om allereers ʼn oog te ontwikkel vir die diep dilemma waarin ons as mense gedurig verkeer. In sy woorde:

“We are all prisoners – prisoners of our own obstinacy, our many greeds, our various anxieties, our own mistrust and in the last analysis of our own unbelief. We are all sufferers. Most of all we suffer from ourselves. We suffer in the shadow of death and of eternal judgement.”

Te midde van dié ellende kom God se woord vandag weer na ons toe met die blye versekering en toesegging: dat God ons uit die vuur gered het; dat God in Jesus die mure van ons gevangenskap afgebreek en ons bevry het. Sodat ons vandag saam met die hele skepping ʼn sug van diepe verligting en dankbaarheid kan slaak.

In dié versekering mag jy vandag weer gaan rus.

O Here, dit bly ons groot troos dat U ons uit genade gered het en steeds red. Help ons om dit die fondament van ons lewe te maak. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed