Boodskap vir Vandag

Search

Uitgesmeer oor ons hele lewe

Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees (Numeri 6:24-25).

Dit was Klaus Westermann, ʼn Duitse teoloog, wat ons aandag daarop gevestig het dat God se handelinge of dade in die Bybel op twee maniere beskryf word.

Eers hoor ons van God se sogenaamde verlossingdade. Dit is wanneer God, dikwels na aanleiding van sy volk of sekere individue se noodkrete, tot hulle redding verskyn. Dit wil sê, God gryp op ʼn dramatiese manier in om hulle nood te verlig. Die uittog uit Egipte en die latere terugkeer uit die ballingskap is goeie voorbeelde hiervan.

Naas God se verlossingsdade is daar egter ook ʼn ander vorm van God se handelinge. Dit is wanneer God mense seën. Al kan dit nie van God se verlossingdade losgemaak word nie – dikwels volg God se seën juis óp die verlossing – is God se seën veel breër en meer deurlopend. Dit word as’t ware elke dag oor die hele lengte en breedte van ons alledaagse lewe uitgesmeer.

God se seën is niks anders nie as God se goedheid waarmee Hy ons lewe daagliks omring, oorlaai, dra en beskerm. Dit vind gestalte in dinge soos goeie gesondheid, aardse middele en voorspoed, ʼn bestendige werk, persoonlik geluk en veral die vreugde van gelukkige verhoudings met mekaar en met ander.

Die vraag is natuurlik of ons God se seën wel hierin herken – en of ons hierdie seëninge elke dag met dankbaarheid ontvang.

O Here, help ons om die seëninge waarmee U ons daagliks oorlaai raak te sien en U altyd daarvoor te dank. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.