Boodskap vir Vandag

Search

Van angs na vrymoedigheid

God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies (Handelinge 2:32).

Nog iets wat ons in ‘n tyd van twyfel en skeptisisme kan oortuig van die egtheid van Jesus se opstanding, is die geweldige effek wat dié boodskap op sy volgelinge gehad het.

Ja, selfs wanneer ons diep skepties is, moet ons toegee: Iets het met hierdie mense gebeur wat nie alleen alle logiese denke oorskry nie, maar wat eenvoudig alle normale verwagtings van hoe hulle lewe verder moes verloop, totaal omver gooi.

Want waar hulle kort ná Jesus se sterwe nog angstig en verskrik vir hulle vervolgers gaan wegkruip het, staan hulle kort daarna op met nuwe selfvertroue en vrymoedigheid. En dít, so sou hulle later getuig, omdat die opgestane Heer aan hulle verskyn het.

Die Een wat met sy verskyning hulle nie alleen totaal verras het nie, maar ‘n nuwe vlam van geloof, hoop en liefde in hulle lewe ontsteek het. Ook die krag om alle weerstand en vervolging, lyding en swaarkry met ‘n ongekende soort taaiheid en selfs blydskap tegemoet te gaan.

Dit is hierdie wonder en vlam van Christus se teenwoordigheid wat vandag nog die Christendom laat voortstu, ondanks sy talle afwykings en ontsporings.

O Here, bevry ons vandag van ons angs en twyfel. Maak ons opnuut weer vrymoedige getuies vir U. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed