Boodskap vir Vandag

Search

Van hero tot zero

Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val (Spreuke 16:18).

Ek glimlag wanneer my jong vriend sy storie vertel.

Hoe hy ná die geboorte van hulle eerste kinders – ʼn tweeling – hardkoppig geweier het dat sy ma afvlieg om te kom help. “Ons kan dit self doen,” was sy argument.

Maar toe, ná twee vermoeiende en slapelose nagte, vertel hy, bevind hy hom een oggend met die telefoon in sy hand. “Ma, jy moet asseblief kom help. Ons het jou nodig!”

Dit is nou al dertien jare later. Maar hy lag steeds wanneer hy dié storie vertel. En eindig dan met hierdie woorde: “Ja, so het ek geval van hero tot zero.”

Wat my vriend destyds geleer het, is ʼn ou Bybelse waarheid: ʼn Mens moet van tyd tot tyd jou trots sluk en aanvaar: Ek is nie die sterk en onafhanklike held wat ek gedink het ek is nie. Ek het ander mense nodig. Ook die God wat my in my swakheid kan bystaan.

Wie hulle swakhede en afhanklikheid eerlik aanvaar en erken, wen heelpad.

Hoe bedrieglik en trots is die hart nie, Here! Leer ons vandag opnuut dat ons krag in nederige afhanklikheid van U en van ander mense geleë is. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed