Boodskap vir Vandag

Search

Van jammer kry na viering

Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges (Romeine 12:16).

Nie lank gelede nie leer ek ‘n ongewone, maar uiters belangrike les.

Dit is dat jy in jou besorgdheid oor mense waaksaam moet wees dat jy hulle nie onnodig bejammer, of slegter oor hulleself laat voel nie – ook nie die indruk wek dat jy, ondanks jou besorgde houding, steeds vanuit die hoogte met hulle omgaan nie.

‘n Goeie vriendin maak my van hierdie baie subtiele gevaar bewus – een wat ‘n mens die gevaar van neerbuigende of hooghartige besorgdheid kan noem.

Dit gebeur só. Ek sien haar onlangs by ‘n konferensie. Toe ons tydens ‘n pouse saam tee drink, doen ek versigtig navraag oor haar lewe. Ek wil onder andere weet of sy steeds gelukkig is in haar werk, steeds oortuig is van haar roeping.

Waarskynlik het my oë verraai dat ek haar jammer kry – ook van die feit dat baie agter haar rug praat van haar alleenheid en swaarkry. Want sy het my nie onmiddellik geantwoord nie.

Nadat sy ‘n lang tyd stilgebly het, het sy skielik na my toe gedraai en my met ‘n onverwagse en ongewone skerpte aangespreek. Aangespreek omdat ek, so het sy gevoel, haar tog kén; tog wéét dat terugslae en teleurstellings allermins haar lewe op daardie stadium gekleur of bepaal het; ook dat sy baie daarvan lankal verwerk, oorkóm en selfs omgeskakel het in ‘n ryk tapisserie van groter menslikheid en betrokkenheid by ander.

Sodat jammer kry op daardie stadium misplaas, selfs onsensitief en beledigend was. Wat méér gepas sou wees, so herinner sy my, was om beter te luister na waar sy reis, wat sy alles doen, wat haar vreugde verskaf – en om dít saam met haar te vier.

Dit sou egte gemeenskap, ware vriendskap en beter sorg verteenwoordig.

Here, hoe maklik trap ons nie in die strik om ander onsensitief en hooghartig te behandel nie. Bewaar ons daarvan, en leer ons asseblief om ander se lewe te bly vier. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed