Boodskap vir Vandag

Search

Vas van die koerante

Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie (Psalm 37:7).

Ek vas reeds enkele weke van TV en koerante – en wat ‘n verligting is dit nie!

Dit is nie dat ek die waarde van goeie joernalistiek en die daaglikse nuus ontken nie. Karl Barth se stelling dat ‘n gelowige die koerant gedurig saam met sy Bybel sal lees, het my nog altyd sterk aangespreek. Boonop syfer die belangrikste nuus tog op maniere altyd deur.

Die gevaar is egter dat die joernalis se perspektief op of seleksie van nuus – wat dikwels sensasioneel, donker en eensydig is – jou totale siening van en gevoel vir die lewe en ons land kan bepaal. Sodat jy, soos op die oomblik met baie mense in Suid-Afrika gebeur, permanent negatief, sinies en selfs beangs is.

En dáárteen moet ons waak.

Van sulke donker nuus moet ons ons soms doelbewus afkeer. En dit eenvoudig omdat die lewe, ook hier ter lande, soveel komplekser, kleurryker en interessanter is. Ook in baie opsigte positiewer en ryker as wat in die sensasionele opskrifte van koerante weerspieël word.

Om dít egter te ontdek, is die wegkom van die daaglikse nuus belangrik. Sodat ons stiller kan word en kennis kan neem van die baie goeie dinge wat óók elke dag rondom en by ons gebeur.

Soos byvoorbeeld gewone mense wat moedig opstaan teen misdaad en onreg. Of wat op ontelbare maniere hulle hande uitsteek om te help – onder andere te help om ander te voed, te leer, by te staan, te huisves, te bemoedig en te versterk.

Daarvan hoor en lees ons ongelukkig hopeloos te min.

Here, dankie vir goeie joernaliste wat ons bewus maak van onreg en van ons verantwoordelikheid in die wêreld. Maar help ons om vandag die magdom positiewe dinge wat nié in koerante staan nie, óók raak te sien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed