Boodskap vir Vandag

Search

Ore en oë

“Wie ore het, moet luister” (Markus 4:9).

Wanneer jy die Markusevangelie lees, kom jy gereeld by dié refrein: “Wie ore het, moet luister” (Mark 4:9).

Jesus praat gereeld van dié wat sien maar nie sien nie, en van dié wat hoor maar nie hoor nie.

Dit laat ons dink aan die verhaal in Johannes 9 van die man wat blind gebore is en vir wie Jesus genees het. Hoe meer hierdie man met Jesus te doen gekry het, hoe meer het hy gesien Jesus is die Christus. Hoe meer die Joodse leiers die voorheen blinde man ondervra het, hoe minder het hulle Jesus gesien vir wie Hy werklik is.

Die een wat blind is, sien … en dié wat sien, is blind.

Miskien is dit die enigste gebed vir ʼn nuwe jaar – dat ons sal leer om God te sien en te hoor in die lewe van ander en ook in onsself. Ons filtreer ons sintuie so maklik en kyk en hoor selfsugtig. God se hand is op ons elkeen en sy fluisteringe is in ons elkeen se hart. Die dissipels en omstanders het Jesus nie altyd gesien vir wie Hy was nie, want hulle wou Hom anders hê. ʼn Bietjie sterker, ʼn bietjie meer soos ʼn koning, ʼn bietjie meer soos dit hulle sou pas.

Miskien begin sien en hoor dan by die uitvee van verwagtings. Miskien sal God heeltemal anders nuut en verrassend in die nuwe jaar in jou lewe werk. Wie oë en ore het …

Maak my oë oop om te sien en my ore oop om te luister, Here – vir U en my medemens en my omgewing. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.