Boodskap vir Vandag

Search

Versplinterde aandag

Luister, julle dowes, kyk, julle blindes, dat julle kan sien (Jesaja 42:18).

Luister ons na Jesaja se vermaninge dat Israel aandag moet gee, moet luister en kyk (Jesaja 42:18; 43:1), word dit al hoe duideliker wat die volk se kroniese sonde en sy eintlike kwaal was.

Dit is naamlik dat die volk – in eietydse taal gestel – totaal aandag-afleibaar geword het.

En dit nie net soos ‘n leerder wat tydelik sukkel om te konsentreer nie, maar veel ernstiger. As ‘n volk wat toegelaat het dat hulle aandag versplinter en hulle lojaliteite verdeel is. Sodat die troue God van hulle voorgeslagte nie langer ‘n sentrale rol in hulle lewe gespeel het nie.

Geboei en weggevoer deur ánder gode (Jesaja 42:17), het die volk blind en doof geword (Jesaja 43:8), hulle onderskeidingsvermoë verloor, hulle prioriteite verwar en dubbelslagtig begin leef. Miskien het hulle monde nog af en toe van God gepraat, maar in hulle harte – daar waar ander stemme die botoon begin voer het – was God net ‘n gedagte wat af en toe opgeduik het.

Is dit nie ook die versoeking van ons tyd nie? Dat ons aandag voortdurend in ‘n eindelose warreling van nuwe prikkels, aansprake en invloede afgelei en verdeel word nie? Sodat daar nie meer ‘n sentrale fokus is waaruit ons leef nie. Nie meer één God is wat ons herinnering beset, ons hart en gedagtes gevange hou en rondom wie alles draai nie.

Ja, talloos inderdaad is die moderne gode en magte wat ons aandag vandag in beslag neem en versplinter – magte soos geld, besittings, die nuutste tegnologiese uitvindings, glans, status, posisie en invloed.

Maar só, sonder dat ons dit altyd goed besef, word ons lewe algaande uitgehol en meer oppervlakkig.

O Here, vergewe dat ons so verstrooid en dubbelslagtig leef. Vergewe dat ons van U vergeet, U nie meer elke dag ag of volg nie. O Here, maak ons oë opnuut oop om U te sien. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed