Boodskap vir Vandag

Search

Verwondering

“Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën – Markus 10:15-16.

Richard Rohr, bekende geestelike, skryf ’n pelgrim moet soos ’n kind wees wat alles met verwondering en afwagting aanpak. Hy sê: “Kom ons bid vir verwondering. Kom ons bid vir afwagting. En kom ons vra God om ons sinisme weg te neem.”

Kerstyd word ons meer as normaalweg bewus van kinders se spontane verwondering oor eenvoudige feesliggies aan Kersbome, hul afwagting op geskenke en hul vreugde oor die familie se saamwees.

Soos ons ouer word, raak ons afgestomp. Ons klap nie meer spontaan hande as ’n sandkasteel bly staan wanneer ’n skuimbrander dit tref nie. Ons raak nie meer opgewonde oor vissies in rotspoele of slakspoortjies op die sand nie.

Ons verwondering en afwagting mag nie vassteek by die feestelikheid van die Kerstyd nie. Ons moet weer kinderlik opgewonde raak oor die Kind in die krip.

Tussen die geroesemoes van stemme en malende mense moet ons weer tyd maak om na te dink oor die uitwerking van Christus se koms na die wêreld; nie slegs vir die mensdom nie, maar ook vir ons persoonlik. Ons moet die bekende eenvoudige Kersliedere se boodskap met ons hart hoor, en ons nie maar net oorgee aan die nostalgie van “Stille Nag” en “Bethlehemster” nie.

Ons moet weer soos kinders kyk, “met oë wat nuut gebore is”, soos Pablo Neruda treffend dig.

Here, ek is opreg bly oor u koms. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed