Boodskap vir Vandag

Search

Vestig u wet in my beleërde binneste

Skep vir my ʼn rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig (Psalm 51:12).

Ek het die afgelope vakansie tyd ingeruim om Sylvie Simmons se omvattende en hoogs interessante biografie oor die digter en sanger Leonard Cohen te lees.

Behalwe dat Cohen ʼn baie begaafde musikant en digter was, het hy sy lewe lank ook die geestelike dimensie van ons lewe ernstig geneem. Hoewel hy as Jood gebore en getoë is, het hy vir inspirasie en koers in sy lewe ook uit ander godsdienstige tradisies geput.

Sy bekende liedjie “Suzanne” staaf onder meer sy respek vir die Persoon Jesus.

Hierdie geestelike dimensie van Cohen se lewe het veral in sy later jare sterker na vore gekom. In dié tyd herinner hy sy tydgenote daaraan dat ons almal “creatures of a higher order” is. En dat gebed die enigste weg is waarlangs ons ons gebroke verhouding met die Bron van alle dinge kan herstel.

As deel van ʼn laaste album, Book of Mercy, skryf hy selfs ʼn aangrypende gebed, oftewel ʼn roerende appèl tot die Bron van genade, soos hy dit noem. Dit lui soos volg:

“In utter defeat I came to you and you received me with a sweetness I had not dared to remember. Tonight I come to you again, soiled by strategies and trapped in the loneliness of my tiny domain. Establish your law in this walled place.”

Miskien is dit ook jóú versugting vandag. En dalk gee Cohen vir jou woorde om te bid.

Here, dankie vandag vir kunstenaars wat in hulle soektog na U ook vir ons help om eerlik tot U te nader. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed