Boodskap vir Vandag

Search

Vir jonger ore bedoel

Met geduld kan iemand in ‘n magsposisie tot ander insigte gebring word; met ‘n versigtige benadering word weerstand afgebreek (Spreuke 25:15).

Dit is goed dat mense, met name jongmense, daadwerklik teen onreg en veral rassediskriminasie sal opstaan.

Die toekoms behoort per slot van sake aan die volgende geslag.

Maar dit bly tog belangrik hóé jy teen die onreg opstaan en reageer. Anders gestel: Wat die styl van jou protes is.

Want jy kan só kwaad wees en só heftig tekere gaan dat jy, dikwels onbewustelik, die rassevuur net verder stook. So asof jy en jou geslag nie die slegte saad van rassisme ook in julle omdra nie. Nee, só suiwer is ons eenvoudig nie! Dit kan ons maar by die Christendom met sy radikale siening van sonde en skuld gaan leer.

Die waarskuwing van die bekende teoloog en aktivis, Beyers Naude, destyds gerig aan die jonger leiers van die “Black Consciouness”-beweging, is hier ter sake. Sy woorde was: “If you are not disciplined, you can never be leaders.”

Om met dissipline en gesonde selfkritiek te leef én te protesteer, beteken nie noodwendig dat jy jou saak afswak of benadeel nie. Inteendeel, dit kan groter gewig en geloofwaardigheid aan jou protes verleen. En dít is tog belangrik!

Is daar iewers jonger ore wat dit sal hoor?

Here, ons bid vandag vir almal wat waagmoedig die stryd om geregtigheid voer. Leer hulle daardie styl van protes wat tot ware verandering kan lei. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed