Boodskap vir Vandag

Search

Vir wat jy van my ken

Maar Jesus het deur hulle valsheid gesien en vir hulle gesê: “Huigelaars! Waarom stel julle vir My ʼn strik? (Matteus 22:18).

Nie almal van ons hanteer kritiek ewe goed nie.

Party is meer sensitief daarvoor en sal met groot drif hulleself handhaaf en verdedig wanneer hulle as persoon of hulle werk – na hulle gevoel – onregverdig beoordeel of afgekraak word. Dikwels doen hulle dit oordrewe en sonder die gewilligheid om te leer.

Ander se vel is dikker. Hulle ken hulle kritici – hulle agtergrond, smake en vooroordele – en sal hulle min aan onnodige of kwaadwillige kritiek steur. Of maniere vind om hierdie kritici se oordele as eensydig, vals en selfs beperk in kennis en insig te ontmasker.

Soos die skrywer wat, nadat ʼn jong en onervare joernalis hom oor sy werk bygekom het, vir hom ʼn vriendelike briefie geskryf het met die volgende woorde: “Vir wat jy van my ken, het jy waarskynlik so goed gedoen soos wat jy kan.”

Nog nooit, so vertel dié jong joernalis my onlangs, het iemand hom so mooi en beskaafd op sy plek gesit nie.

Dié verhaal is ʼn wonderlike voorbeeld van hoe ʼn mens kritiek wel op ʼn volwasse manier kan hanteer – met ʼn reaksie waarin jy, terwyl jy met jou beperkings rekening hou, nie huiwer om met selfvertroue op te staan om jou siening en posisie te verdedig nie.

Die manier waarop Jesus deurgaans die Fariseërs se kritiek hanteer het, bly ʼn goeie voorbeeld hiervan.

Here, help ons vandag om kritiek so te hanteer dat dit ons nie lamlê nie, maar ons sal aanspoor om met groter toewyding te werk en te leef. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.