Boodskap vir Vandag

Search

Voluit!

Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God – Prediker 3:12-13.

Tydens ’n jong student se gedenkdiens lees die predikant bostaande gedeelte uit Prediker. Die onverwagse dood van hierdie lewenslustige mens wat die lewe met albei hande aangegryp het, het almal tot stilstand geruk. Die woorde van die predikant het troos gebring: “Jul vriend se lewe op aarde was slegs die eerste hoofstuk van sy lewensverhaal.”

Kort voor sy dood het die jong man ’n verjaarsdagkaartjie met dié woorde van Eddie Rickenbacker aan ’n vriendin gestuur: “Om te sterf is niks. Die dwaas kan dit doen. Maar om sinvol te leef – dit is genade van God. Dit is die kuns. Dit is die heerlikheid.”

Jonk soos hy was, het hy die waarde van tyd besef. Hy het geleenthede benut; elkeen asof dit sy laaste was, min wetend dat dit wel so was.

Daarby het hy die wysheid gehad om in die hier en nou te leef sonder om hom oor die toekoms óf die verlede te kwel. Hy het elke dag as geskenk uit die hand van God ontvang en dit dan tot sy eer uitgeleef.

Jack London, die skrywer van White Fang, het gesê: “Die mens se taak is om te lewe – nie om bloot te bestaan nie. Ek sal nie my dae mors deur te probeer om hulle te verleng nie. Ek sal hulle gebruik.”

Here, leer my my dae so gebruik dat ek wysheid bekom. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed