Boodskap vir Vandag

Search

Voorskriftelikheid

“As ek jý was, sou ek my tot God wend en my saak aan Hom voorlê” – Job 5:8.

Elifas, een van Job se vriende, is aan die woord. Sy raad aan Job toon sy onbegrip. Job, as gelowige, afhanklike kind van God, is dag en nag met Hom in gesprek. Elifas se beterweterige woorde en houding troos geensins. Inteendeel, dit doen meer skade.

Christene maak hulle dikwels aan ’n geestelik meerderwaardige houding skuldig en sal maklik sê: “Los jou pakkie by die kruis en stap aan.” Of: “Jy het soveel ander dinge om voor dankbaar te wees.” Wanneer ’n trooster vooropgesette idees het van wat ’n treurende mág en nie mag doen nie, voel die persoon wat swaarkry skuldig en begin aan sy of haar Christenskap twyfel.

’n Ouer wie se kind gesterf het, vertel: “Mense sê soms vir my: ‘Sjoe, jy is darem sterk! God weet vir wie om hierdie pakkie te gee! Ék sal dit nie kan hanteer nie.’ Dan kry ek die gevoel hulle is eintlik verlig dat God reken hulle is nie sterk genoeg daarvoor nie en hulle dus eerder oorsien!”

Niemand is sterk nie. Niemand kan vanself aangaan nie. Niemand is onaangeroer deur lyding nie. Elkeen het sy eie manier om deur die smart te werk en ander kan nie vir die treurende besluit hoe hy voel, of wat die beste vir hom sal wees nie.

God gebruik stukkende mense om mekaar heel te maak. Ons is onkundig. Ons weet nie hoe om te troos óf te treur nie. Ons moet by mekaar leer.

Here, help ons om mekaar met erbarming te koester, of ons nou aan die ontvangkant of uitdeelkant van troos is. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed