Boodskap vir Vandag

Search

Vrede met jouself

U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is (Psalm 16:11).

Geloof wat die moeite werd is, moet ons inderdaad kan help om met die onbegryplike en dikwels pynlike teenstrydighede in ons eie lewe en in die wêreld om ons vrede te maak.

Meer nog: Egte geloof moet ons help om die moontlikhede vir groei en selfs vir die dieper vreugdes wat daarin opgesluit is, raak te sien en te omhels.

Soos met die skrywer, Nikos Kazantzakis, moet geloof selfs hierdie vreugdes en verwagtings voed: “When everything goes wrong, what a joy to test your soul and see if it has endurance and courage.”

Natuurlik is dit nie altyd maklik nie. Dit verg inderdaad, soos Kazantzakis suggereer, groot geduld en moed. Ook die bereidheid om – soos iemand anders dit gestel het – jou lewe aan ‘n groter bestemming as jou eie ambisies en smarte toe te vertrou.

Wie dit egter biddend en met geduldige vertroue hiermee waag, mag op ‘n dag soos die psalmdigter ontdek: “U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is” (Ps 16:11).

Iemand wat só by haarself voor God tuisgekom het, verwoord dié ervaring só:

“Deesdae verlang ek daagliks na daardie oomblikke waar ek voor God van aangesig tot aangesig met myself kan lewe. Die self het die afgelope jare ‘n baie veilige en geborge teenwoordigheid vir my geword. Seker omdat dit so ‘n naakte plek is. Hier lê die paradokse sonder veel moeite stil langs mekaar. Dit het vir my ‘n omhelsing geword met die goeie en die kwade, sterke en swakke, mooie en lelike in my. Ek huil, lag, skryf, dans, droom, wonder en verlang hier.”

Praat van vrede met jouself.

O Here, gee ons vandag weer daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan en ons kan help om die swaarkry van ons lewe met vreugde te dra. Amen

Carel Anthonissen

 

 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.