Boodskap vir Vandag

Search

Vreemdelinge

“Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self ʼn vreemdeling in Egipte” (Deuteronomium 10:19).

Die Bybel praat baie van vreemdelinge. Vreemdelingskap is baie naby aan Israel se leefwêreld. Abraham het uit Mesopotamië as vreemdeling in Kanaän aangekom. Vir baie jare was Abraham se kinders vreemdelinge in Egipte. Met die ballingskap in Babilonië was hulle vreemdelinge “langs die rivier van Babilon”.

Dit is juis hulle eie ervaring van vreemdelingskap wat hulle met empatie na ander vreemdeling laat kyk het: “Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self ʼn vreemdeling in Egipte” (Deuteronomium 10:19); “Jy mag nie ʼn vreemdeling verdruk of laat swaarkry nie, want jy was self ʼn vreemdeling in Egipte” (Eksodus 22:21).

Levitikus 19:34 en Eksodus 23:9 herhaal dié woorde. In ons land en oor die wêreld heen is daar vandag haat vir vreemdelinge. Ons het moontlik ook ons eie opinies. Miskien moet ons onthou God is vir die vreemdeling.

Dis nie altyd maklik nie, Here, maar laat my die vreemdelinge rondom my liefhê en versorg. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed