Boodskap vir Vandag

Search

Vreemdelinge

“Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self ʼn vreemdeling in Egipte” (Deuteronomium 10:19).

Die Bybel praat baie van vreemdelinge. Vreemdelingskap is baie naby aan Israel se leefwêreld. Abraham het uit Mesopotamië as vreemdeling in Kanaän aangekom. Vir baie jare was Abraham se kinders vreemdelinge in Egipte. Met die ballingskap in Babilonië was hulle vreemdelinge “langs die rivier van Babilon”.

Dit is juis hulle eie ervaring van vreemdelingskap wat hulle met empatie na ander vreemdeling laat kyk het: “Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self ʼn vreemdeling in Egipte” (Deuteronomium 10:19); “Jy mag nie ʼn vreemdeling verdruk of laat swaarkry nie, want jy was self ʼn vreemdeling in Egipte” (Eksodus 22:21).

Levitikus 19:34 en Eksodus 23:9 herhaal dié woorde. In ons land en oor die wêreld heen is daar vandag haat vir vreemdelinge. Ons het moontlik ook ons eie opinies. Miskien moet ons onthou God is vir die vreemdeling.

Dis nie altyd maklik nie, Here, maar laat my die vreemdelinge rondom my liefhê en versorg. Amen.

Lisel Joubert

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed