Boodskap vir Vandag

Search

Vriendskap

Jesus het gehuil (Johannes 11:35).

In Johannes 11 kry ons die intens emosionele gebeurtenis van ʼn familielid en vriend wat sterf. Lasarus en sy twee susters, Marta en Maria, was Jesus se goeie vriende. Toe Lasarus siek word, stuur die susters vir Jesus ʼn boodskap: “Here, hy vir wie U lief is, is siek” (11:3). Jesus kom egter te laat en albei susters verwyt Hom omdat hulle glo hulle broer sou nog geleef het as Jesus vroeër gekom het.

Die susters en omstanders se emosies maak dat Jesus ook begin huil en as’t ware ontsteld teenoor die dood voor die graf staan. Volgens die New Revised Standard Version was Jesus “greatly disturbed in spirit and deeply moved” (11:33). Die dood het sy vriend gevat.

Die eerste lesers sou sekerlik geskok gewees het oor ʼn God wat huil! Dit hang egter af wat ons as mag beskou. Deernis en liefde is ook mag. Die Jesus wat huil, het ook geroep: “Lasarus, kom uit!” (11:43).

Lasarus was Jesus se vriend. Ons het gehoor ons is ook sy vriende. Miskien hoor ons dan nou dié woorde anders: “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê” (15:13). Dit is ʼn anderster soort mag – ʼn verlossende mag.

Dankie, Here Jesus, dat U my met so ʼn groot liefde liefhet dat U u lewe vir my afgelê het. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.