Boodskap vir Vandag

Search

Vroue in gevaar

Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar … Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; Isai was die vader van koning Dawid … Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija (Matteus 1:3, 5-6).

Die vroue in Jesus se geslagsregister was almal vroue wat in gevaarlike posisies beland het, bloot omdat hulle vroue in ʼn patriargale samelewing was. Vroue uitgelewer aan die besluite van mans.

Die onreg teen Tamar het haar magteloos gemaak en haar toekoms bedreig. Om haar skoonpa te verlei was gevaarlik, maar haar enigste kans op ʼn nageslag en oorlewing.

Rut moes by Boas gaan lê sodat hy met sy verantwoordelikheid as losser gekonfronteer kon word. Hy kon bekendgemaak het wat sy gedoen het en dan sou sy dood gewees het.

Dawid het vir Batseba gevat omdat hy so besluit het.

Ragab die prostituut het haar lewe in gevaar gestel deur die verkenners weg te steek.

Miskien is dit die enigste passende geslagsregister vir ʼn Kind wie se ma buite die huwelik swanger geraak het en wie se lewe ook in gevaar was. ʼn Gevaar wat later oorgespoel het na die Kind en Josef.

Die naakte werklikheid van vroue uitgelewer aan die besluite van mans herinner ons dat Jesus se verhaal baie meer as ʼn stroopsoet storie is.

Jesus, U het volmaakte mens geword in ons onvolmaakte wêreld. Dankie dat U ons God se kinders gemaak het, net soos ons is. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed