Boodskap vir Vandag

Search

Vry om met vreugde te dien

Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap (1 Petrus 1:8-9).

Die woord wat waarskynlik die effek van Jesus se opstanding op die lewe van sy volgelinge die beste saamvat, is die woord vryheid.

En natuurlik daarmee saam die woord vreugde – want vreugde loop gewoonlik hand aan hand met vryheid.

So sien ons dit telkens gebeur wanneer die opgestane Jesus aan sy volgelinge verskyn. Dan kom daar ‘n opeens ’n nuwe glans in hulle oë. Ook nuwe veerkrag en vryheid in hulle gedrag en optrede (Luk 24:52).

Vry van vrees en angs, vry van onnodige skuld en skaamte, breek daar nou ‘n lag van uitbundige vreugde oor hulle gesigte. Ja, skep hulle in die teenwoordigheid van die lewende Christus nuwe moed, nuwe hoop, nuwe geloof (Rom 5:1-11).

Sodat hulle nie langer skroom om die onvriendelike en gewelddadige wêreld óm hulle storm te loop, daarvan te vertel en daarmee te bedien nie (Hand 13:32-41).

O Here, gee ons vandag weer die vryheid en vreugde wat U as opgestane Here alleen kan gee. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed