Boodskap vir Vandag

Search

Vry om met vreugde te dien

Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap (1 Petrus 1:8-9).

Die woord wat waarskynlik die effek van Jesus se opstanding op die lewe van sy volgelinge die beste saamvat, is die woord vryheid.

En natuurlik daarmee saam die woord vreugde – want vreugde loop gewoonlik hand aan hand met vryheid.

So sien ons dit telkens gebeur wanneer die opgestane Jesus aan sy volgelinge verskyn. Dan kom daar ‘n opeens ’n nuwe glans in hulle oë. Ook nuwe veerkrag en vryheid in hulle gedrag en optrede (Luk 24:52).

Vry van vrees en angs, vry van onnodige skuld en skaamte, breek daar nou ‘n lag van uitbundige vreugde oor hulle gesigte. Ja, skep hulle in die teenwoordigheid van die lewende Christus nuwe moed, nuwe hoop, nuwe geloof (Rom 5:1-11).

Sodat hulle nie langer skroom om die onvriendelike en gewelddadige wêreld óm hulle storm te loop, daarvan te vertel en daarmee te bedien nie (Hand 13:32-41).

O Here, gee ons vandag weer die vryheid en vreugde wat U as opgestane Here alleen kan gee. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.