Boodskap vir Vandag

Search

Vry, sonder opgeblase trots

Maar wat eers vir my ʼn bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus (Filippense 3:7).

Ek het ʼn vriend wat op sy dag ʼn dosent aan ʼn belangrike universiteit was.

Verlede jaar het hy saam met my op ʼn reis na die buiteland gegaan. Toe ons die nodige reisdokumente invul, doen ek versigtig navraag oor sy titel en hoe ek dit op die vorm moet invul.

Wat ʼn verrassing was sy antwoord! “Asseblief, tog nié doktor of professor nie. Daardie fase van my lewe lê agter my. Vandag is ek net ʼn gewone burger wat afgetree is. ‘Meneer’ sal dus doen.”

Ek was verbaas, want die meeste mense wat ek ken, is nogal gesteld op hulle titels. Hulle sal selfs hulle bors trots daaroor uitstoot. En ander verkwalik as hulle dit vergeet.

Nie my vriend nie. Want sien, hy het met verloop van sy lewe geleer dat sulke statussimbole relatief is. Dat dit by baie mense ʼn ongesonde gevoel van hoogmoed en meerderwaardigheid kan voed. En só afstand tussen hulle en ander mense kan skep.

En dít wou my vriend nie hê nie. Vir hom was dit altyd belangriker om as ʼn gewone mens tussen ander te beweeg en hulle, waar hy kon, nederig te dien, sonder opgeblase trots.

Sy keuse herinner my aan Paulus wat op ʼn dag al sy statussimbole ter wille van sy diens aan Christus prysgegee het.
En daarin ʼn nuwe vryheid gevind het.

Here, leer ons vandag weer u soort nederigheid. Laat ons, terwyl ons nie soek na roem en erkenning nie, ook nie u genadegawes in ons lewe verwaarloos nie. Help ons om bowenal in U te roem. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed