Boodskap vir Vandag

Search

Vrygemaak!

Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen – Titus 2:14.

Rentmeesters is vrygemaak. Ons mag nie in skuld lewe nie. Ons is verlos. Daarom moet ons so lewe dat ons nie hoef te wroeg of onsself verwyt oor dinge wat ons anders moes gedoen het, of dinge wat ons nagelaat het nie.

Ons hoor so dikwels: “Ag, as ek nog net een keer …” En dan spreek iemand haar versugting uit om dít wat nagelaat is vir ’n geliefde wat nie meer daar is nie te kan doen of sê.

Kinders dra soms swaar aan ’n skuldlas oor hul ouers. “As ek maar net geweet het!” En dan vertel die kind van ’n ouer se pyn wat hy alleen moes dra. Of die kind verwyt hom oor te min aandag aan die ouer, of ongeduld met hul vergeetagtigheid of onbeholpenheid.

Dié versugting duik gereeld op: “Hoekom het ek nie vir my ouers gesê hoe ek hulle waardeer en liefhet nie? Ek besef nou eers wat hulle alles vir my opgeoffer het.”

Ouers dra op hul beurt swaar aan verwyt omdat hulle so besig was met die bou aan ’n eie beroep en eie belange dat hulle hul kinders verwaarloos het. ’n Bejaarde sê tereg: “Geld beteken niks as jy siek en alleen is nie. Verhoudings is al wat tel.”

Ons moet mekaar nóú liefhê en nóú na mekaar omsien sodat ons geen selfverwyte het wanneer die geleenthede uitloop nie.

Here, U maak my vry van skuld. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed