Boodskap vir Vandag

Search

Vrymoedig oor God se genadewerk

Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons op met groot vrymoedigheid (2 Korinthiërs 3:12).

Nog iemand wat die kuns verstaan het om haar lewe te balanseer tussen oormoed en nederigheid, of soos sy dit self gestel het, “aanmatigende sekerheid en wanhoop”, was die bekende Amerikaanse skryfster, Flannery O’Connor (1925-1964).

In ‘n mooi meditasie oor haar lewe, wys die teoloog, Daniël Clendenin, hoe ‘n groot deel van haar lewe uit twyfel en wanhoop bestaan het.

As ‘n enkelkind wat sedert haar kinderjare sosiaal lomp, eksentriek en in haarself gekeer was, moes sy boonop verneem dat sy, soos haar pa, aan die gevreesde siekte lupus ly.

Dié siekte, waaraan sy uiteindelik op die jong ouderdom van 39 jaar oorlede is, het ‘n groot skaduwee oor haar lewe gewerp. Dit het haar by tye in diepe vertwyfeling, selfs paniek gedompel. Hieroor skryf sy op ‘n stadium: “Ek vrees, o Here, dat ek my geloof in U kan verloor. My gees is nie sterk nie …”

En tog (en dit is die ligkant van haar lewe) het sy ewe vroeg haar uitnemende talent as skrywer ontdek en as ‘n gawe van God aangegryp – ‘n gawe wat haar met nuwe oortuiging en voortdurende vrymoedigheid gevul het om oor haar werk te sê:

“Die tema van my fiksie is niks anders nie as die beskrywing van God se genadewerk in areas van die lewe wat andersins as die domein van die kwade en die bose beskou sou word.”

Veral hierdie opmerking van haar, het my weer laat besef hóé belangrik dit vandag geword het om nie alleen die genadewerk van God in ons eie lewe te ervaar nie, maar dit ook vrymoedig en sonder skroom in die wêreld óm ons aan te dui.

Ons deurmekaar en ontwrigte samelewing het dit nodiger as ooit.

Here, dankie vir mense soos Flannery O’Connor – mense wat fisies broos was, maar nie gehuiwer het om u naam groot te maak en u genade te bly roem nie. Gee ons vandag iets van hierdie vrymoedigheid. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed