Boodskap vir Vandag

Search

Vurige kole

As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop – Romeine 12:20 (1933/1953-vertaling).

Wanneer iemand jou te na kom of bedrieg, is jou eerste reaksie gewoonlik om jou gekrenkte trots te herstel. Die maklikste uitweg is vergelding. Om wraak te neem is egter geen teken van krag nie, maar van swakheid. Wraak maak van jou die groot verloorder.

Paulus skryf in Romeine 12:21: “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Ons moet eerder die krag van liefde uitoefen.

Volgens die 1933/1953-vertaling van bostaande teksvers sal jy “vurige kole op sy hoof ophoop” wanneer jy aan jou vyand iets te ete of te drinke gee. Vurige kole op jou kop is baie erger as om oor ’n gloeiende kolebed te loop.

Hier word nie van een of twee gloeiende kooltjies gepraat nie, maar van ’n hoop vurige kole. Die pyn moet byna ondenkbaar wees. Wanneer iemand wat jy benadeel het aan jou goeddoen, is dit ook onuithoudbaar. Jy brand as’t ware van skaamte.

Die liefde bied nie bloot ’n alternatief nie. Dit bied die oplossing. Dit paai nie slegs die gevoelens en vee die onreg suutjies onder die mat nie. Dit loop die kwade trompop. En verseker die oorwinning.

Here, leer my om die kwaad deur die goeie te oorwin; om nie die persoon te verneder nie, maar om hom die krag van vergifnis te laat ervaar. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed