Boodskap vir Vandag

Search

Waag dit om ‘n deur oop te stoot

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur,
julle kan dit al sien kom (Jesaja 43:19).

‘n Derde sleutel vir ‘n gelukkige lewe, aldus my sielkunde-vriend, is dat daar altyd iets of dinge in ons lewe sal wees waarna ons kan uitsien.

Nuwe moontlikhede of geleenthede wat wink en wat ons blywend opgewonde maak.

Hoe goed ken ons nie dié dinge nie, onder meer die opwinding van ‘n nuwe werksgeleentheid, die beplande vakansiereis, die ete-afspraak met goeie vriende of familie en die konsert of fliek wat die komende naweek wag. Daar is talle sulke “vensters of deure van hoop” wat ons lewe sinvol en gelukkig hou.

Nie almal is so gelukkig nie. Trouens, baie mense is só vasgeval in hulle werk, só vasgeloop in hulle verhoudings, só verlam deur skuld, armoede of werkloosheid, dat praatjies oor nuwe geleenthede na onbereikbare, selfs vals, drome klink.

Vir sulke mense is die lewe dikwels niks anders nie as ‘n blinde noodlot, ‘n donker tonnel sonder lig. En ons moet dit onthou. Soos iemand my dié week weer herinner: “As jy ‘n hele week moet stry om te oorleef, is daar nie tyd om regtig te droom nie.”

Sonder om die pyn of ellende van sulke mense te onderskat, mag ons as gelowiges egter nooit die slagoffers van totale wanhoop en ongeloof word nie. Trouens, vir die gelowige is elke dag ‘n nuwe gawe van God, ‘n geskenk vol nuwe geleenthede en moontlikhede.

Ons verantwoordelikheid is om daarop te bly vertrou, hierdie geleenthede te bly soek en raak te sien, dit ook met waagmoed aan te gryp en te ontgin, selfs diensbaar te maak aan ander.

In dié verband is dit belangrik dat ons ‘n begin sal maak, hoe klein ook al. Sal begin om die deur tot nuwe geleenthede wat wink geleidelik oop te stoot, al is dit net om vandag weer dankbaar op te kyk en die son op jou vel te voel.

Oor die belang van so ‘n nuwe begin sodat vars hoop en uitsig in ons lewe wakker gemaak word, skryf John O Donohue:

“Though your destination is not yet clear, you can trust the promise of this opening: unfurl yourself into the grace of beginning that is at one with your life’s desire. Awaken your spirit to adventure: hold nothing back, learn to find ease in risk; soon you will be home in a new rhythm, for your soul senses the world that awaits you.”

Waarom dit nie vandag waag met só ‘n nuwe begin nie?

Here, U is die God wat voortdurend nuwe geleenthede skep. Help ons vandag om dit raak te sien en aan te gryp, al is dit by wyse van klein treetjies. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed