Boodskap vir Vandag

Search

Waar die liefde woon

Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! – Psalm 133:1.

Dawid, wat dikwels alleen in die veld tussen sy skape moes eet en waarskynlik gesmag het om saam met sy broers rondom die familietafel te kon aansit, het die woorde hierbo geskryf.

Ek kan my indink hoe graag hy as die jongste seun na sy ouer broers se stories wou luister. Omdat hy dit ontbeer het, het hy besef hoe belangrik goeie verhoudings tussen broers is. Hy was altyd so effens uit die groep.

Toe hy gestuur word om kos vir sy broers na die slagveld te neem, was hy opgewonde om ’n stukkie van hul wêreld te kon meemaak. Sy teleurstelling moes dus groot gewees het toe sy broers saam met die res van die manskappe neerhalend na hom verwys.

Ons besef nie altyd die voorreg daarvan om deel van ’n intieme gesinskring te mag wees nie. Ons gesin is ons oefenskool, ons plek waar lewensvaardighede geslyp en dan aangegee word. Daarom moet ons ons kinders aanmoedig om die saamwees te koester en verhoudings op te pas.

Kinders wat in ’n huis grootword waar ouers mekaar respekteer, beleef die krag van die Bybelse sagte antwoord wat die woede laat bedaar. Hulle begin iets verstaan van die langtermynuitwerking wat vredemakers op verhoudings het.

In hierdie wêreld waar alles voortdurend verander, is dit ’n voorreg om iets te hê wat konstant is. ’n Gesinsmaaltyd met liefde en vrede as hoofgereg is een so ’n konstante.

Here, help my om te sorg dat liefde en vrede altyd deel van my gesin se saamwees sal wees. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed