Boodskap vir Vandag

Search

Waar hoop en goedheid kan floreer

In Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God lewe (2 Korinthiërs 13:4).

Hoe die teenstrydighede van die lewe hulle in ‘n paradoks van hoop kan uitspeel, is nie net duidelik in die lewe van die apostels nie, hulle wat te midde van swakheid en lyding, hoopvol en moedig gebly het nie (2 Kor 4).

Dit skyn ook deur in die lewe van gewone mense.

Een van die baie mooi voorbeelde in dié verband is dié van Nikolay Levin, ‘n hoofkarakter in Tolstoy se bekende boek, Anna Karenina.

Sy lewe lank sukkel Levin as gelowige met die teenstrydighede in sy lewe. Hy sukkel onder andere om sy geloof met wetenskaplike kennis en bewysvoering te versoen.

Op ‘n persoonlike vlak hinder hom dit dat hy dikwels so angstig kan raak oor onbenullighede, ook so ongeduldig met ander mense, insluitende sy vrou. Dít terwyl hy weet dat hy haar liefhet en dat liefde méér van hom vra.

Op ‘n dag, ná baie jare van worsteling en wroeging, laat die woorde van ‘n eenvoudige plaasarbeider – dat ‘n mens vir méér leef as net die bevrediging van jou eie behoeftes, en dat die misterie van God en die aanspraak van jou eie siel ook aandag verg – skielik ‘n nuwe lig in hom deurbreek.

Dit word ‘n lig wat hom bevry en help om die teenstrydighede in sy lewe beter te omhels, dit selfs as ‘n ruimte te sien waar hoop en goedheid kan floreer. Aangrypend verwoord hy sy ervaring in dié verband.

“Faith – or not faith – I don’t know what it is – but this feeling has come just as imperceptibly through suffering, and has taken firm root in my soul. I shall go on in the same way, losing my temper with Ivan the coachman, falling into angry discussions, expressing my opinions tactlessly; there will still be the same wall between the holy of holies of my soul and other people, even my wife: I shall still go on scolding her for my own terror, and being remorseful for it; I shall still be as unable to understand with my reason why I pray, and I shall still go on praying; but my life now, my whole life apart from anything that can happen to me, every minute of it is no more meaningless, as it was before, but it has the positive meaning of goodness, which I have the power to put into it.”

Ek weet nie van jou nie, maar Levin se woorde bevry ‘n mens.

O Here, dankie mense by wie ons vandag kan leer – mense wat ook moes stry met die donkerte in hulle lewe en daarin op verrassende wyses hoop en nuwe uitsig ontdek het.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed