Boodskap vir Vandag

Search

Waar is God?

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28).

Ons vertroue in God se sorg en voorsiening word meestal die heel sterkste in tye van swaarkry getoets.

Want sien, in tye van swaarkry is ons nie net geneig om vas te val in donker gedagtes en negatiewe selfspraak nie. Erger nog, ons vergeet in sulke tye dikwels heeltemal van God. En dat God Hom dalk met ons swaarkry mag bemoei.

Daarom is die vraag wat vir gelowiges voorop moet staan wanneer hulle deur swaar tye gaan, nie allereers: Hoe kan ek so gou moontlik uit hierdie donker plek ontsnap? nie, maar wel hierdie vraag: Waar is God in hierdie donkerte? Waarheen wil God my nou lei?

Wie dié vraag met erns vra, ontdek dikwels dat hulle tye van swaarkry ʼn onmisbare leerskool word. ʼn Tyd wat weliswaar nie lekker is nie, maar waarop hulle later met dankbaarheid en selfs verwondering kan terugkyk.

Omdat hulle, soos Paulus, ontdek en geleer het dat alles, ook hulle lyding en swaarkry, ten goede kan saamwerk.

En hulle hierdie beproewende ervaring, hoe ironies dit ook al klink, vir geen geld in die wêreld sou wou mis nie.

Here, vergewe ons dat ons U vergeet in ons oomblikke van angs, paniek en swaarkry. Help ons deur u Gees om in sulke tye met groter oorgawe en ywer na U te soek. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed