Boodskap vir Vandag

Search

Waar was die ma’s?

Hanna het toe gebly en haar seun gevoed totdat sy hom gespeen het (1 Samuel 1:23).

‘n Egpaar wat vir studie lank in Duitsland gebly het, keer op ‘n dag terug om ou herinneringe saam met hulle kinders en kleinkinders te herleef.

Hulle besoek hulle woning van destyds, stap rond op die universiteitskampus, adem weer die geure van hulle geliefkoosde eetplekke in. Om die prentjie van Duitsland te voltooi, stel hulle die kinders ook bloot aan die spore van die aaklige Nazi-tydperk.

In dié verband besoek hulle die grafte van gestorwenes, draai by van die strafkampe, besoek die museums waar die foto’s van die destydse maghebbers en die gemarteldes saam pryk.

Een van die kleinkinders – ‘n dogtertjie van vyf – kom in die proses voor van die wrede Nazi-offisiere se portrette te staan. En terwyl sy lank en stip daarna kyk, kom die verstommende woorde uit haar mond: “Waar was hulle ma’s? As hulle net ‘n ma kon gehad het!”

Die opmerking het nie net die ouers verbaas nie, maar ook diep geraak. Want op ‘n naïewe, bykans onskuldige manier, het die kind iets baie belangriks waargeneem en kwytgeraak.

Dit is dat ‘n gebrek aan liefde, sorg en aanvaarding, veral in ons ouerhuise, dikwels die oorsaak is waarom mense harteloos, onverskillig en selfs wreed kan raak.

Beslis was daar ook ander faktore en sentimente wat hierdie haat destyds gevoed het. Waarskynlik het meeste Nazi’s ook ma’s gehad.

Die vraag bly egter: Waar was hulle?

Here, dankie vir ouers, veral vir ma’s wat ons versorg met liefde. Help ons vandag om nie met ‘n koue oog na ander wat nie die voorreg gehad het nie te kyk. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.