Boodskap vir Vandag

Search

Waarom is jy bang?

Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam genoem, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie… (Jesaja 43:1-2).

Wanneer die dissipels, oorweldig deur ‘n storm, Jesus wakker maak met die verwyt dat Hy nie regtig omgee nie – dat Hy onverskillig teenoor hulle nood is, duik daar ‘n tweede belangrike vraag in hierdie aangrypende storie van Markus 4:35-41 op.

Dit is wanneer Jesus aan hulle vra: “Waarom is julle bang?”

O, hoe goed ken ons dit nie: die vrees of angs wat soos ‘n groot swart skaduwee oor ons lewe kan kom hang – wat ons gemoed met allerlei skrikvrae en kommer kan kom teister en belas. Wat ons angstig en doelloos kan laat rondskarrel, ons selfs nagte kan laat wakker lê.

Vrees – dít weet ons tog – is ‘n destruktiewe mag wat ‘n mens kan verlam, wat jou moed kan breek en jou van jou vreugde en uitsig kan beroof. Sodat jy uiteindelik, net soos die dissipels, alleen maar kan uitroep: “Here, red ons! Ons vergaan!”

In sulke oomblikke moet ons tot bedaring kom en weer eens die troostende vraag van Jesus beluister en oordink: “Waarom is julle bang?” (Mk 4:40).

Ja, kom ons maak dit meer persoonlik: “Waarom en waarvoor is jý vandag bang?”

Weet tog: Hierdie vraag kom van Hom wat destyds die winde bestraf en die see tot bedaring gebring het. Hy heers oor die magte. Boonop kén Hy jou en wil Hy as Heer vandag in jou nood bý jou wees.

Selfs al voel of sien jy dit nie.

O Here, U ken my vrese, die angs wat my laat wakker lê in die nag. Bring my tog tot bedaring, gee my weer u vrede. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed