Boodskap vir Vandag

Search

Wag as ruimte van hoop

As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie … (Psalm 27:13).

Die “as” waarmee Psalm 27:13 begin, spreek boekdele.

“As ek darem nie geglo het … nie.”

Hierdie “as” dui daarop dat die psalmdigter ʼn ander scenario geken het en erken. ʼn Scenario waarin hoop en vertroue nie bestaan nie. Waarin daar nie ʼn groter prent is om aan vas te hou nie.

Waarin daar geen verwagting is om die goedheid van God te proe nie.

Die digter verstaan dit is net omdat daar ʼn verwagting is dat wag moontlik is. Wag is ʼn integrale deel van ons geloof. Dit is die bymekaarkom van ons verwagtings, planne en idees en God se tyd.

Dit is die oorvleueling van ons sien en God se sien:

“Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here!” (Ps 27:13-14).

Help my om te wag en te bly glo, Here, al sien ek nog niks nie, al sukkel ek om te vertrou en te hoop. Amen.

Lisel Joubert

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed