Boodskap vir Vandag

Search

Wag en let op

Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie ʼn woord praat as ʼn slegte mens my teëstaan nie” (Psalm 39:2).

Wanneer jy wag, is dit moontlik dat jy meer oplettend sal raak. Om lank te staan in die ry in die poskantoor kan maak dat jy presies weet hoeveel nate daar in die toonbank is omdat jy hulle tel. Of jy maak denkbeeldige stories op oor die persoon voor of agter jou in die ry.

Die oomblik wanneer jy wegbeweeg van jou irritasie kan jou verbeelding oorneem. Wanneer jy moet wag, het jy die keuse waarop jy jou aandag wil fokus. Wag in die ry … of wag in ʼn seisoen in jou lewe terwyl jy op uitkoms wag.

Miskien kan jy bewus word van ʼn groter prent te midde van jou geringe of kortstondige ongemak. Die woorde van Psalm 39 maak dit moontlik. Lees jy die hele psalm, ontdek jy dit praat oor liggaamlike en emosionele swaarkry. Tog lees ons in vers 2: “Ek het gesê: ‘Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie ʼn woord praat as ʼn slegte mens my teëstaan nie.”

Elke tyd van wag vra van ons ʼn keuse oor die ingesteldheid wat by die situasie en die groter verhaal van God pas.

So dikwels moet ek wag, Here. Rig my oë op u groot verhaal en hoe ek daarin inpas sodat ek die regte fokus en gesindheid sal hê. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed