Boodskap vir Vandag

Search

Wanneer die kommer en angs ons verlam

“Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle Hemelse vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” (Matt 6:26).

Volgens kenners is daar allerlei struikelblokke wat ons kan keer om eg teenwoordig te wees en só ʼn meer bewuste, gesonde en sensitiewe lewe te geniet.

ʼn Eerste struikelblok is vrees en bekommernis oor die toekoms.

Sulke bekommernisse kan ons bewussyn so oorspoel, ons gedagtes so vertroebel en oorheers dat ons nie meer in staat is om helder en nugter te dink nie.

Vasgevang in die sorge van môre – die huur of belasting wat binne dae betaal moet word, die dringende werk wat moet klaarkom, die motor wat herstel moet word, ons kind se probleme wat hanteer moet word, ons wankelende huwelik – verloor ons perspektief en sien ons nie meer die hoopvolle uitkomste wat wel in die hede op ons wag nie.

In plaas daarvan om kalm te raak, ons probleme vas in die oë te kyk en nuwe opsies te oorweeg, raak ons óf angstig aan die hardloop, sonder om iets konstruktiefs te vermag, óf ons word so verlam, selfs depressief onder die gewig van ons sorge, dat ons ons lus vir die lewe verloor.

Wanneer dié gevoel ons oorval, is dit tyd om weer na Jesus se woorde in Matteus 6:25-34 te luister. Hoor jy dit? Hoe Hy jou terugroep na die hede; hoe Hy jou aanmoedig om meer bewustelik rondom jou te kyk na die wilde voëls en die veldlelies. En om te sien hoe daar vir hulle gesorg word!

Ook om te besef dat jy veel kosbaarder in God se oë is, selfs al sukkel jy nou.

Here, ek sukkel vandag. Die angs en bekommernis het net te veel geraak. Dit dryf my tot raserny, maak my moedeloos. Selfs u woord maak nie vandag sin nie. Hoor tog waar ek nou na U roep. Gee tog ʼn uitweg. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed